Road2theCross | Faith-Based Social Network for Christians

Oor Lighuise en God se Lig

“…sodat julle onberispelik en opreg kan wees, kinders van God sonder gebrek te midde van ‘n krom en verdraaide geslag onder wie julle skyn soos ligte in die wêreld…”
Ek het altyd gedink vuurtorings (of beter bekend s Lighuise) is net daar om “gevaarzones” aan te dui, maar die waarheid oor hulle is baie dieper en baie groter as wat ons gedink het dit is. ‘n Vuurtoring kry sy naam daarvan dat hulle vir die eerste keer gebruik is omtrent 1200vC en daar vuur gemaak is binne hulle om dieselfde doel te kan dien as wat die vandag nog, eeue later, doen maar sedertdien het vuurtorings baie ontwikkel maar hulle doen nog dieselfde maar op ‘n baie beter manier, en sedert GPS en satellietnavigasie die wêreld van seereise verander het, dien vuurtorings steeds as ’n betroubare rugsteun – uniek en vol karakter, net soos altyd. ’n Paar jaar gelede het ek ontdek dat geen twee vuurtorings presies dieselfde is nie. Van die flitspatroon endie kleur van sy lig tot hoe ver die lig gesien kan word as ook kan ‘n mens deur middel van die argitektuur en patrone in die dag die torings van mekaar onderskei.
Elke ligtoring met sy unieke eienskappe, saam met sy ligging is aangeteken op ‘n lys, “The list of lights”, soos dit onder andere bekend staan, wat deur skeepskapteine gebruik word om te bepaal waar op die oseaan hy hom bevind en dan kan hy sy roete aanpas daarvolgens en sodoende gevaarlike kuslyne vermy.
Hierdie herinner my aan die mens se geestelike lewe: elke vuurtoring het sy eie ligkarakter, en so het elke mens ’n unieke roeping en getuienis. – en dit het my laat besef hoe kosbaar en onherhaalbaar elkeen van ons se lig is en die lig wat ons skyn is nie ons eie nie ons is net die gebou, of die instrument waar deur God se lig en die goeie nuus skyn maar tesame met dit is ons ook bakens in ‘n donker oseaan vol storms en winde en golwe wat ons heen en weer swaai, en ons moet vir ander mense wys waar die gevaarsones is en hulle lei om in die veilige waters te bly. Ek wil my verstout en nog ‘n vergelyking maak, net soos vuurtorings op rotse gebou word is ons, die vuurtoring waar deur Jesus se Lig skyn en God is die Rots waarop ons gebou is, wat sal maak dat ons nie wankel nie. Mattheus 7:24-27 vertel van twee bouers, een wat sy huis op sand gebou het en toe die reen en storms kom het dit sy huis heeltemal verwoes, en die twee het sy huis gebou op ‘n rots en toe die reen en storms kom het sy huis bly staan.

Geskryf deur: Shepherd79 op 2026-07-19 20:47:42

Kommentaar

Geen kommentaar nog nie.

Login om kommentaar te lewer.