Road2theCross | Faith-Based Social Network for Christians

God se stem

Het jy al ooit gewonder hoe klink dit wanneer God met jou praat. Ek kan nie met sekerheid sê: "hierdie is jou antwoord!" Of luister vir dié of daardie nie, maar ek kan 'n paar riglyne gee. Kom ons kyk eers na 'n paar verse wat in God se Woord voorkom en hoe dit dalk kan klink wanneer God met my praat.

JEREMIA 33:3 AFR53 - "Roep My aan, en Ek sal jou antwoord en jou bekend maak groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie."

https://bible.com/bible/5/jer.33.3.AFR53

I KONINGS 19:11-13 AFR53 - "En Hy sê: Gaan uit en staan op die berg voor die aangesig van die Here. En kyk, die Here het verbygegaan, terwyl 'n groot en sterk wind die berge skeur en die rotse verbreek voor die Here uit; in die wind was die Here nie. En ná die wind 'n aardbewing; in die aardbewing was die Here nie. En ná die aardbewing 'n vuur; in die vuur was die Here nie. En ná die vuur die gesuis van 'n sagte koelte. En toe Elía dit hoor, het hy sy gelaat met sy mantel toegedraai en uitgegaan en by die ingang van die spelonk gaan staan. En daar kom 'n stem na hom wat sê: Wat maak jy hier, Elía?"

https://bible.com/bible/5/1ki.19.11-13.AFR53

I KORINTHIËRS 14:33 AFR53 - "...want God is nie 'n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges."

https://bible.com/bible/5/1co.14.33.AFR53

Na aanleiding van hierdie drie verse wat ek hierbo genoem het wanneer God met ons praat wil Hy vir ons dinge vertel wat "ons nie weet nie." God se woorde bring altyd hoop en gerusstelling en dit is altyd woorde wat vrede gee. Het jy al ooit gevoel asof jou gedagtes nie tot stilstand kan kom nie. Dit is gewoonlik in sulke tye wat baie sal sé hulle angsaanvalle kry maar ek kan vir jou belowe dat God NIE in daardie oomblik of tye is nie. God sê dat Hy nie 'n God is van wanorde nie, oomblikke soos daardie laat mens voel asof jy nie weet watter kant toe nie en daarom se ek God is nie in dit nie. God is ook nie iemand wat op jou gaan skree en jou gaan slaan omdat jy verkeerd is of nie weet watter kant toe nie, nee, as jy wil weet hoe dit klink wanneer God met jou praat is Hy in die oomblikke wanneer jy stilte ervaar en rustigheid soos daar "windstilte" of "fluistering in die wind". Kom ek gee jou 'n goeie voorbeeld. Ek het al baie keer gewonder oor 'n situasie en God se antwoord het gewoonlik gekom in die oomblik wat ek gerus gevoel het, as die “stem” wat jy hoor jou angs, verwarring of skuldgevoelens laat ervaar, is dit nie God nie. As dit jou egter tot vrede, hoop en ’n stille sekerheid bring, dan is dit die klank van Sy leiding.

Ek sou dit so opsom: God se stem lig jou op, dit bring kalmte, en dit lei jou nader aan Hom. Dit is nie ’n stem wat jou breek nie, maar een wat jou bou.

Geskryf deur: Shepherd79 op 2026-07-26 18:58:06
👁️ 70
🙏 1

Kommentaar

Geen kommentaar nog nie.

Login om kommentaar te lewer.